Zee se droom word waar

Zonelle O’Kennedy by twee Mcaw kuikens wat sy met die hand grootgemaak het. Foto verskaf

’n Bekende in voëlkennerkringe, Zonelle O’Kennedy het haar passie vir alle diere verwesenlik met die oopmaak van Zee’s Animal Paradise in Kerkstraat.

Pets Paradise is onlangs deur Kennedy oorgeneem waar sy die nuwe dierewinkel nou oopgemaak het.

Daar is verskeie voëls beskikbaar, onder andere broeipare soos kwartels en ook “Red Rumped”- parkiete in reënboogkleure in pare of apart te koop.

Kennedy maak ook papegaaie met die hand groot vir telers, waarna hul verkoop word.

Sy het onlangs haar eie drie African Grey-kuikens self geteel, maar hulle is vir eers nog onder die sorg van hulle ouers.

Sy beskik ook oor die toerusting om eiers uit te broei vir telers. Belangstellendes kan gerus met haar kontak maak.

Sy red en rehabiliteer ook papegaaie, en plaas hul dan by ’n aanneem familie sodra die papegaai gerehabiliteer is.

“Die liefde en toewyding waarmee sy enige voël grootmaak van die kleinste kuikens sonder enige vere is wonderlik. Teen die tyd dat die voël by sy nuwe huis aankom is hy reeds baie mak, goed gesosialiseer en gewoond aan mense. Sy help ook met baie raad oor gedrag en voeding, en is altyd beskikbaar en antwoord vinnig terug,” vertel een van die baie tevrede kliënte. Sy noem dat sy beslis weer van O’Kennedy se dienste sal gebruik maak.

Alhoewel O’Kennedy baie bekend is in voëlkennerkringe, het sy ook in die verlede honde mooi gemaak deur hul te was en skeer en selfs toonnaels te knip.

Hierdie diens is nou beskikbaar by die winkel waar daar ’n dieresalon is. Hul knip tot katte se toonnaels wat te lank is.

Die Hoorn se mede-eienaar, Jaco Erasmus het onlangs sy lieflinghond Klara, ’n St Bernard geneem vir ’n mooimaaksessie.

“Sy weeg sowat 90 kg, so dit is nie enige persoon wat so ’n groot hond met gemak kan was en hanteer nie. Die manier waarmee hulle met haar gewerk het was wonderlik. Klara het soveel bederfhappies opgeëet tydens haar sessie, sy was behoorlik in die hondehemel,” het hy gesê.

Neem dus gerus jou dierekinders na Zee’s Animal Paradise vir ’n mooimaaksessie, of maak ’n draai vir enige dierebenodighede van voëlkos tot speelgoed. “Daar is nog dienste in die toekoms wat ons wil aanbied en ons is besig om alles in plek te kry om vir al my klante wat oor die jare vriende geword het dienste aan te bied,” vertel O’Kennedy opgewonde.

Kontak hul by 061 020 0335 of besoek die winkel in Kerkstraat 115, Oudtshoorn vir al jou dierebehoeftes, of hul pelse of vere dra, Zee’s Animal Paradise het alles wat jy nodig het. (Deur Angelique Erasmus)