Watervriendelike tuin vir die Klein Karoo!

’n Watervriendelike tuin met oorwegend vetplante was die oplossing waarmee ’n Oudts­hoorniet, wat gevra het om anoniem te bly, na vore gekom het toe die afgelope jare se droogte al die gras in haar tuin laat vrek het. Hier is Francois Jafta, die man wat haar bygestaan het om ’n dooie grasperk in ’n pragtige, watervriendelike tuin te omskep in die tuin. (Foto verskaf)