VOETKUNDIGES is hoogs opgeleide en professionele mediese beroepslui wat spesialiseer in voet- versorging en die behandeling van alle probleme wat die onderste ledemate affekteer. Hulle ondersoek, diagnoseer, behandel, voorkom en rehabiliteer voetkwale deur ’n reeks behandelingsmetodes, insluitend biomeganiese en chirurgiese metodes en meer.
Oudtshoorn en die Klein Karoo spog met ons eie voetkundige, Gerda van Rensburg, wat haar praktyk in die Kango Kliniek in St Johnstraat geopen het.
Met net een paar voete om ’n leeftyd te hou, is dit belangrik om goed vir hulle te sorg. Voetgesondheidsprobleme kan deur enigiemand ervaar word, van kinders tot seniors. Mense word dikwels na voetkundiges deur dokters en gesondheidswerkers verwys vir konsultasie en be- handeling as voetprobleme opduik.
Behoorlike voetversorging is van kardinale belang vir diegene met diabetes as gevolg van langtermyn-komplikasies.
Gerda se praktyk bied ’n toegewyde, gespesialiseerde diens om pasiënte te help om beheer van hul voetgesondheid te neem, mobiliteit te handhaaf en te verbeter, én voetverwante komplikasies te voorkom.
Behandeling wat sy bied, sluit onder andere die volgende in:
– Drukverwante liddorings en eelte,
– probleem-toonnaels,
– ingroei-toonnaels,
– swaminfeksies,
– gekraakte hakke en droë vel,
– voet-ulserasie,
– neuropatiese beenfrakture,
– pynlike neuropatie,
– sirkulasieprobleme,
– komplekse infeksies,
– biomeganiese probleme, en
– voorligting en advies oor goeie
– voetgesondheid.
Kontak gerus vir: Gerda van Rensburg NDPod(SA), IIWCC(US), PgDip Diab(USW), MSc Diab(USW) 044 272 3405; Kango Kliniek, St Johnstraat 131, Oudtshoorn. (Deur Robert Koen)
’n Voetkundige vir Oudtshoorn
