Dit is weer daardie tyd van die jaar dat die gewere vir die jagsei-soen afgestof en geolie word.
Met die vlak 4-inperking is daar ’n stokkie voor gesteek, maar nou dat na vlak 3 oorgegaan is, kan daar weer gejag word, onderworpe aan bepaalde regulasies.
’n Opsomming van die belang-rikste regulasies is:
• Alle permitte wat tydens die vlak 4-inperking van krag was, is geldig vir 30 dae vanaf 5 Junie. Permitte moet binne 10 dae by die betrokke lisensieowerheid hernieu word;
• Permitte wat verval tydens die vlak 3-inperking, is geldig vir ’n tydperk van 30 dae ná afloop van die vlak 3-inperking. Hernuwings moet binne 10 dae ná die einde van die vlak 3-inperking gedoen word;
• Lisensies en permitte kan tydens die vlak 3-inperking by die betrokke owerhede verkry word;
• Uitdunning van wild en jag vir die pot word toegelaat;
• Lewende wild asook karkasse mag oor alle distriks-, metro- en provinsiale grense verskuif en vervoer word;
• Wildsveilings mag plaasvind;
• Wildinvoere en -uitvoere onderhewig aan bepaalde voorwaardes mag plaasvind; en
• Professionele jagtersopleiding mag aangebied word.
Raadplaag Staatskoerant 43409 gedateer 5 Junie 2020 vir die volledige regulasies.
Lekker jag en onthou die biltong!