ONS almal het ’n uitdagende jaar agter die blad waartydens ons gekonfronteer is met groot onsekerheid en vrees. ’n 12-weeklange transformasieprogram wat op 1 Maart op Oudtshoorn afskop, wil nou in ’n veilige omgewing ondersteuning en mentorskap bied aan individue.
As jy gereed is vir ’n reis van transformasie wat jou liggaam en verstand kan open om met groter vreugde en gesondheid te leef, is hierdie 12 week-program vir jou.
Die kursus word by die splinternuwe Body Alchemy Centre op die hoek van Baron van Reede- en Victoriastraat deur die gesondheids- en welstand-afrigter Marida Serfontein aangebied terwyl ’n spesialis-terapeut, Petra Wilken, beskikbaar sal wees vir individuele assesering en holistiese behandeling (byvoorbeeld refleksologie, akupunktuur, limfdreinering en diepweefselmassering).
Dit is baie belangrik om na die hele prentjie te kyk hoe ’n gesonde leefstyl ons immuniteit – ook in die Covid-tyd – kan bevorder; daarom die holistiese benadering, sê Marida.
“Tydens die pandemie is die vergrootglas op gesondheid en welstand. Dit is nou meer as ooit belangrik om faktore soos stres, hormone, gewig, slaap, denke, ens, wat ons immuniteit kan beinvloed, te ondersoek.”
Sy sê die kwessie van gewigsverlies word aangespreek – nie deur kalorieë te tel nie, maar eerder dat ’n gesonde benadering gevolg word.
Volgens Marida het een van haar gunsteling-afdelings van die program te doen met die wyse waarop ons ons lewens en besluite laat beheer deur dinge wat bloot net gewoontes is.
“Ons is onbewustelik slawe van ons gewoontes. Wanneer dit besef word, kan waardevolle transformasie gebeur. Dit is bemagtigend en moontlik om die lewe te skep waarna ons verlang.”
Oefening word ook in ’n sessie aangespreek. Onder meer word aandag geskenk aan twee dinge wat gewigverlies in vroue beïnvloed: strawwe oefening kan tot inflammasie lei wat gewigverlies kan teenwerk en kitsdiete wat metabolisme 30% tot 40% kan laat afneem.
“Ons program begin die liggaam van binne genees en verlig inflammasie. Ons kry die resultate.”
Die program bied ook ’n nege dae-metaboliese reset met die fokus op vetverbranding (ketose) en vasting (intermittend fasting).
Die 12 weke-program word in groepsverband aangebied en voldoen aan Covid-protokol.
Volgens Marida het navorsing getoon dat daar groot waarde is daarin om in groepsverband met ’n coach te werk en dat sulke opleiding suksesvoller is – mense ondersteun mekaar, hulle hou aan omdat ander dit doen en besluit om verantwoordbaar te wees. Mense voel dan ook nie alleen op dié reis nie.
Voorts sal elke persoon wat die 12 weke-program volg, die geleentheid kry vir individuele sessies by Petra Wilken, afhangend van die persoon se gesondheidsbehoeftes.
Elkeen betrokke sal twee kursusboeke ontvang: Nutrition Success Formula en My Healthy Life Plan. Petra sal elkeen evalueer en op sy of haar eie reis neem.
Tydens die kursus sal aandag geskenk word aan:
• Die balans tussen voeding en bloedsuiker.
• Ontsluiting van interne motivering deur ’n welstandsvisie te skep en doelwitte te stel.
• Verkenning van jou waardes en sterk punte.
• Stres, stimulante en slaap, en hoe dit welstand, gewig en geestesgesondheid beïnvloed.
• Welstand in die hele lewe se 12 lewensareas.
• Die krag van gewoonteskeppende gesonde gewoontes wat jou visie en doelstellings onder-steun.
• ’n Deurbraak deur beperkende oortuigings, hindernisse en negatiwiteit.
• Beweging/oefenpyn of plesier? Vind wat vir jou werk.
• Jou ideale, volhoubare gewig en energie. Wetenskapgefundeerde bloedsuikergebalanseerde voeding.
• Vir meer inligting oor dié Mind Body Transformation-program kontak Marida by sel 082 773 3191; e-pos ruby_vine@yahoo.com; of kyk op die webblad http://bit.ly/MindBodyTransformation.
• ’n Aanlyn-opsie is beskikbaar vir mense wat nie na Oudtshoorn kan reis nie.
• Ander pakkette is ook beskikbaar vir korter tydperke en individueel.
Doen gerus navraag hieroor.
Begin jou reis hier

Interested