KKS by Afrika se voorstesaadkongres in Kaapstad

Spreekbeurt: David Malan, besturende direkteur van KKS tydens vanjaar se AFSTA konferensie. Foto verskaf

Klein Karoo Saad (KKS) tesame met hul filiaal AgroFors, het vanjaar se African Seed Trade Association (AFSTA) Kongres in Kaapstad bygewoon het.

Die kongres, wat elke jaar in ’n ander Afrika-land aangebied word, is vanjaar in Suid-Afrika aangebied, ’n besondere geleentheid vir die plaaslike bedryf. Die 2026-kongres is van 23 tot 25 Maart by die Century City Konferensiesentrum aangebied is een van die belangrikse byeenkomste in die Afrika saadbedryf.

Hierdie gesogte geleentheid, wat in samewerking met South African National Seed Organization aangebied is, bring rolspelers van regoor die wêreld bymekaar – van saadmaatskappye en wetenskaplikes tot beleidmakers en landboukundiges. Vanjaar het 459 afgevaardigdes vir die kongres geregistreer, waarvan 133 Suid-Afrikaners was – ’n sterk plaaslike verteenwoordiging wat die land se rol in die Afrika-saadbedryf beklemtoon.

Dag 2 se sprekers by die AFSTA kongres, in Kaapstad. Die onderwerp was Bestuur van fitosanitêre kompleksiteite om doeltreffende saadbeweging in Afrika te verseker.
Foto verskaf


Vanjaar se tema was: “Empowering Africa’s Future, One Seed at a Time”. Die kongres het gefokus op die kritieke rol wat kwaliteit saad speel in die toekoms van landbou en voedselsekuriteit op die vasteland.
As gevestigde rolspelers in die landboubedryf gebruik KKS die geleentheid om internasionale verhoudings te bou, nuwe markte te verken en op hoogte te bly van die jongste ontwikkelinge in saadproduksie en -tegnologie.

David Malan, besturende direkteur van KKS, het ook ’n spreekbeurt tydens die kongres gehad en sy jarelange kennis met gaste gedeel.

Dat Suid-Afrika vanjaar as gasheer opgetree het, is nie net ’n eer nie, maar ook ’n bewys van die land se groeiende invloed in die sektor. (ANGELIQUE ERASMUS)