APD gee kleur by KKNK

Kleurvolle dromme. Foto verskaf

Vanjaar se KKNK blom nie net op die verhoë nie, maar ook in die strate – danksy die kreatiewe hande van APD Oudtshoorn wat dromme in kleurvolle kunswerke omskep het.

APD (Association for Persons with Disabilities) Oudtshoorn het die taak aangepak om dromme, wat oral tydens die fees as asblikke in dekor te skep deur hulle te verf en te versier.

Die resultaat? ’n Lewendige versameling kunswerke wat die gees van die Klein Karoo en die energie van die KKNK perfek vasvang.

Met projekte soos dié wys APD Oudtshoorn dat kuns nie grense ken nie, en dat elkeen ’n bydrae kan maak om die dorp – en die fees – nog mooier te maak.

Besoek en ondersteun ook gerus hul stalletjie in die D-Tent, O-so-Eggy by vanjaar se KKNK. (ANGELIQUE ERASMUS)