Boer jy reeds met granate of oorweeg jy dit?
Die Klein Karoo beskik oor die ideale klimaat vir granate en dié waterwysgewas benodig slegs sowat 6 500 m³ water per hektaar per jaar in vol produksie. Dié gebied se Wonderful-granate is reeds wêreldwyd gesog weens die besonderse rooi kleur en soet smaak van die vrug.
Kom hoor self wat die kenners sê by Karoo Wonderful Pomegranates se granaat-inligtingsdag wat op Donderdag 14 September op die plaas Celebratio aangebied word.
Die fokus van die dag, aangebied deur Carbon Bio, is die winsgewendheid van ’n granaatboerdery. Die program sluit onder meer ’n insiggewende praatjie in deur ’n suksesvolle Wes-Kaapse granaatboer, KaiUwe Molzahn.
Die ander sprekers is dr Nico van Vuuren en Lourens Ferreira, wat onderwerpe soos grond- en plantgesondheid en biobemesting gaan behandel.
Volgens Ferreira is grond- en plantgesondheid die antwoord tot volhoubare en suksesvolle granaatproduksie.
David Dietrich van Aquaboost sal inligting deel oor AquaboostAG, ’n produk wat kunsmisopname bevorder, die mikrobe-diversiteit in die grond bestuur en help met waterverspreiding in grond.
Die program begin om 10:00 en sluit ’n middagete in.
Huidige en belangstellende boere kan die dag gratis bywoon.
Om jou plek te bespreek kontak Marita Meyer by 082 335 6059.
Granaatdag gehou
Die granate van die Klein Karoo is wêreldwyd gesog.
Foto verskaf