Liefde, hope geduld wenresep

Chris en Beaty Crafford met hul troufoto wat op 15 Augustus 1953 geneem is in Ladismith waar hulle getrou het. Hulle is vanjaar reeds 70 jaar getroud en het twee dogters, vier kleinkinders en een agterkleinkind. Foto: Lindi Brill

Chris en Beaty Crafford het op 15 Augustus hul 70ste huweliksherdenking gevier.

Die egpaar, wat in Tuishuis woonagtig is, is op 15 Augustus 1953 op Ladismith in die huwelik verbind.

Hulle het twee dogters wat uit die huwelik gebore is, asook vier kleinkinders en een agterkleinkind waarmee hulle geseën is.

“Van die dag wat ons getroud is, het ons al die jare op ’n driekwart bed geslaap.

Daar was nie een dag in die 70 jaar wat ons ooit gevoel het om mekaar te los nie”, het Beaty aan Die Hoorn vertel.

Op die vraag wat hul geheim is vir ’n lang en gelukkige huwelik het Chris geantwoord dat liefde en hope geduld verseker die twee belangrikste komponente vir hulle is. (Deur Lindi Brill)