De Rustica kry weer goud by SA Olyftoekennings

Sue Langstaff van Kalifornië, een van die internasionale beoordelaars van die SA Olyftoekennings, en Joop Steenkamp, bestuurder van De Rustica. Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
’N OLYFOLIE van De Rustica, olyf­plaas net buite De Rust, het vanjaar weer ’n goue toekenning by die jaarlikse SA

Olyftoekennings losgeslaan. Dié toekenningsgeleentheid is Donderdag in Franschhoek gehou.

De Rustica se enkelsnit-varieteit Frantoio is in die medium-kategorie met goud bekroon. Olyfolies word in drie kategorieë – delikaat, intens en medium bekroon.

De Rustica het ook drie silwer en een brons toekenning by die geleent­heid ontvang.
93 olyfolies (extra virgin olive oil) is vir die kompetisie ingeskryf met net 21 inskrywings wat met goud bekroon is.

Die olyfolies is deur ’n internasionale paneel beoordeel.

De Rustica het die afgelope vier jaar elke jaar met goue toekennings huis toe gekom.

“Dit was as gevolg van die droog­te ’n moeilike sei­soen, maar ons het bo verwagting olie van uit­ste­kende kwaliteit geprodu­seer,” sê Precilla Steenkamp van De Rustica. “Die droogte het nie ’n nega­tiewe effek gehad op die kwa­liteit nie, maar wel op die opbrengs.”

Rob Still, eienaar van De Rustica, sê hy hoop dié olyfprodusent se sukses in die Klein Karoo sal die weg baan vir meer top-olyfolies uit die streek.

De Rustica het vroeër vanjaar ook weggestap met ’n internasio-nale goue toekenning by die New York Internasionale

Olyfoliekompetisie vir sy enkelvariteit Cora-tina.