Events Calendar

FRIDAY 31 August
Official launch of the Biocultural Community Protocol for the Attaqua and Kannaland indigenous Khoi community. CP Nel Museum, Oudtshoorn. 10:00 – 14:00.

SATERDAG 1 September
• Bloeiselfees op Calitzdorp. Ook 2 September.

• Lentefeesbasaar van die NG Kerk Oudts­hoorn-Suid by Proefplaas. Basaar open 11:00. Kwa­liteit-vleis, gebak, potjiekos, groente/vrugte/ plantjies, pannekoek, kindertafel, boeketafel, na­gereg, kafee, teetuin, straatbraai en wit olifante. Etekaartjies @ R70 vooraf by Kerkkantoor (044 279 1900 – spyskaart: Gebraaide skaaptjop, hoendersosatie, wors, mosterdboont­jies, noedelslaai en broodjie.) • Bring enige langsteelblom of bloeiseltakkie vir ons lenterangskikking.

• Oggendtee saam met Adri Vlok. Tema: Hoe verbreek ek die houvas van iets of iemand in my lewe? NGK Volmoed-kerksaal. 10:00 vir 10:30. R100. Navrae: Annelet Nortier 082 709 2908

SATERDAG 8 September
• Musiek vir Diere, ‘n musiekkonsert met van Oudtshoorn se beste musici om geld in te samel vir dierewelsyn in die Groter Oudtshoorn. 14:30 vir 15:00 in die NG Moederkerk. R50, verwelko­mings-muskadel van Grübdheim ingesluit. Kaartjies by Bottega (oorkant die Spur in Oudts­hoorn) en die middag by die deure.

• Spring Chills with the Chilli Bites! Kom luister na die Chilli Bites by La Dolce Vita, Baron van Reedestraat, Oudtshoorn. 20:00. R80.