Vyf goed om gratis by die KKNK te doen

baron-van-reedestraat’N MENS kan sowaar die hele fees besig bly sonder om enige geld op vermaak uit te gee. Hier is vyf maniere hoe:

1. Straatkuns, straatkunstenaars en straatteater in Baron van Reedestraat. Onder meer:

• Ma tête est mon village (My head is my village): ’n Leë skilderdoek bedek die opvoerarea. Die tyd snel verby terwyl ’n kleurvolle lyf daaroor beweeg soos ’n kwas oor ’n skilderdoek. Dié produksie is ’n optrede deur die Vlaamse choreograaf Jan Wallyn. 12 April 17:30; 13 April 10:00 en 17:30; 14 April 10:00

• Pelat: Beweeg, digkuns, ewewig. ’n Optrede deur die bekroonde Spaanse kunstenaar Joan Català, wat die grense tussen dans, sirkus, teater, uitvoering én tussen gehoor en vertoning verwyder. Weens die interaksie met die gehoor is elke optrede uniek. 11 April 10:00

• Walking the line. ’n Kruisbestuiwing tussen optrede, choreografie en installasie met ’n sterk visuele impak. In dié eksperimentele werk-in-wor­ding lei die choreograaf Benjamin Vandewalle ’n groep vrywilligers in ’n reeks doelgerigte aksies. Die individuele deelnemers word een gemeenskaplike liggaam. 8 April 17:30; 9 April 10:00 en 17:30; 10 April 10:00

2. Die Burger Praat Saam-gespreksreeks, daagliks van 09:00 – 10:00 in die Feeskafee, hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg.

8 April: Voorsate se nalatenskap – Willemien Brümmer (nasaat van CJ Langenhoven) en Dan Plaatje (nasaat van Sol Plaatje) in gesprek oor hul invloede, erfenis en drome vir Suid-Afrika.

9 April: Suid-Afrika ná Zuma – Dr Mathews Phosa (prokureur en politikus) en Mzwanele Manyi (president van die Progressive Professionals Forum) in gesprek.

10 April: Are we winning the fight against corruption in South Africa? With Jan-Jan Joubert (Sunday Times) and adv Paul Hoffmann (Institute of Accountability in South Africa).

11 April: #FeesMustFall en die toekoms van Suid-Afrika se universiteite. Met Alida Kok (politieke wetenskaplike en dosent aan Unisa), Piet le Roux (akademiese hoof van Akademia) en dr. Leslie van Rooi (hoof van die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut).

12 April: Trump en nasionalisme. Met oa dr. Leon Schreiber (senior navorsingspesialis aan Princeton Universiteit) en dr Lindie Koorts (historikus en skrywer).

13 April: Is dit tyd vir ’n nuwe volkslied? Met Deon Maas (skrywer, joernalis en mediapersoonlikheid), Dennis Cruywagen (joernalis, politieke kommentator en skrywer) en Max du Preez (joernalis, politieke kommentator.

14 April: Die wit elite en die ekonomie. Met dr Theuns Eloff (voorsitter van die FW de Klerk-stigting), Bernard Joseph (voorsitter van die EFF in die Wes-Kaap) en Dawie Roodt (hoofekonoom van die Efficient Groep).

15 April: Wanneer ’n geliefde sterf. Met Yolande Korkie (skrywer en weduwee van Pierre Korkie) en Jawaahier Petersen (dogter van wyle Taliep Petersen).

3. Kunsuitstallings in die Prince Vintcent Gebou (hoek van Baron van Reede- en Kerkstraat). Ook die daaglikse rondleiding deur dr Paul Bayliss, visuele kunskurator van die KKNK, asook daaglikse gesprekke deur ’n paneel oor verskeie onderwerpe is gratis. Die gesprekke duur 45 minute en vind om 12:00 plaas op 8, 10, 12 en 14 April, en om 13:00 op 9, 11, 13 en 15 April. Rondleidings vind na die kunsgesprekke plaas.

4. Die RSG-verhoog voor die CP Nel Museum bied daagliks vanaf 12:00 (Maandag tot Donderdag vanaf 11:00) gratis programme en musiekverto­nings aan tot laataand.

5. Daaglikse boekgesprekke in die ATKV-oase (Rembrandtsaal van die CP Nel-museum) om 11:00 en 14:00. Die program sluit gesprekke in met gewilde skrywers soos Deon Meyer, Chanette Paul en Dana Snyman.

• Verskeie produksies sal teen slegs R20 per persoon te sien wees in die Uitkampteater-tente voor die Absa Burgersentrum. Die produksies duur tus­sen agt en 20 minute, en vind plaas daagliks vanaf 10:00 tot 12:00 en weer vanaf 15:00 tot 19:00.