OMKRING volgende Donderdag, 23 Maart!
Hoekom? Want dan kan jy ’n Rivierbuurtkaartjie vir die sewe dae van vanjaar se KKNK koop teen ’n verminderde prys van slegs R175.
So spaar jy R75 op die gewone prys van R250.
Die Rivierbuurtkaartjie sluit vanjaar die eerste keer toegang in tot die Huisgenoot-verhoog, en ook die aandkonserte op dié verhoog.
Kaartjies vir die KKNK is te koop by Computicket, Shoprite, Checkers en House & Home.