‘Ons neem dit dag tot dag’

Liezl Meyer (18) wat op 28 Februarie in ’n motorongeluk was. Foto verskaf

Liezl Meyer (18) wat op 28 Februarie in ’n motorongeluk was.  Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
LIEZL Meyer (18) van Oudtshoorn se vordering is stadig, sê haar pa, Doelie Meyer.
“Daar is nie baie vordering nie. Ons neem dit maar dag tot dag. Ons moet net glo dat sy sal herstel.”

Liezl is tans in die hoësorgeenheid van die George MediClinic nadat sy Dinsdag, 28 Februarie, op die Mosselbaaipad in ’n motorongeluk betrokke was. Na bewering het ruk­­- winde haar wit Opel Corsa van die pad gestoot.

Haar ma, Hannelie, vertel dat alhoewel Liezl nog onder sterk verdowing is, sy nogtans reageer wanneer hulle by haar is.

“Sy sal byvoorbeeld my hand druk – so sy weet ek is naby. Sy kan nie praat nie, maar sy reageer op haar eie manier.”

Volgens Meyer kon die dokters nog nie haar sesde en sewende werwels herstel nie as gevolg van koors.
“Sy kry antibiotika, maar dit gaan ’n lang pad wees. Ons moet net positief bly.”