WOON jy op Oudtshoorn?
Is jy in 1994 gebore?
Is jy 70 jaar of ouer?
As jou antwoord ja is op een van hierdie vrae, is jy een van ’n groep mense wat vanjaar vir ’n lekker afslag by die 25ste KKNK se Kuierbuurt kwalifiseer.
• Oudtshoorniete kan tot 15 Februarie ’n weekkaartjie vir vanjaar se KKNK by die KKNK-kantoor by Arbeidsgenot in Jan van Riebeeckweg koop teen slegs R200. Die prys is gewoonlik R300 of andersins R80 per dag. Die kaartjie sluit Huisgenoot se ses opelugaandkonserte in, die stalletjies, die Speelbos, Liplekker en die Castle Lager-verhoog.
• As jy in 1994 gebore is en vanjaar net soos die KKNK 25 jaar oud word, kan jy die Kuierbuurt vanjaar asook Laatnag in die Netwerk24 Feeskafee heeltemal gratis besoek! Registreer slegs by kknk.co.za om hiervoor te kwalifiseer. Een gelukkige persoon uit die 1994-groep gaan ook ’n prys wen wat verblyf en ontbyt vir twee insluit by die Oudtshoorn Inn vanaf 21 tot 23 Maart, kaartjies van R2 500 en nog vele meer.
• As jy 70 jaar en ouer is en nie op Oudtshoorn woon vir die goedkoop Kuierbuurtkaartjies nie, is die KKNK se Goue Kuierbuurt-promosie vir jou. Jy kan jou Kuierbuurt-weekkaartjie tot 20 Maart vir R225 by enige Computicket koop.