Gewilde Huiskonsert by KKNK te sien

Een van die vele toneelstukke te sien by vanjaar se KKNK. Vrou ens., is ’n eenvroustuk met Mandri Sutherland en is 'n kombinasie van storie-vertelling en uitspattige karaktervertolking. Sy belig en gooi liefde, humor en vet op die Afrikanervrou se vuur met besware en waarhede. Sy sê 'n ding soos dit is. Die vertoning is nie net vir vrouens nie, so bring gerus jou man saam. Sutherland tree vanaf 1 - 9 April op by Thorny Creek se Basil & Barley Restourant in Hoogstraat 156 op. Kaartjies beskikbaar by Webtickets of jou naaste Pick n Pay. Foto verskaf