
Saterdag 1 April tot Saterdag 8 April, saans van 7 nm tot 10 nm, elke 45 minute by Baron van Reedestraat, Victoria gedenksaal, St Jude’s Anglikaanse Kerk. Toegang is gratis.
Frans Karoo is nie meer ’n rookie in die musiekbedryf nie. Van 2010 – 2014 kry hy sy vuurdoop met Jet Black Camaro. Van 2014 tot huidiglik, slyp hy sy tande met die SAMA benoemde, psychedelic blues band, Gunshot Blue. En met “Braambos Radio” stel hy sy debuut solo album vry deur Gallo Music op 23 Januarie 2023.
As “Braambos Radio” die soundtrack was, is “Braambos Tv” nou die movie. Met ’n lucky packet van animated, illu-strated, film en series gifs, kry die 11 songs van “Braambos Radio” elken nou hul eie rooitapyt-oomblik. Want “Braambos Tv” is ’n ode aan film. Van gruwel tot komedie tot aksie flits ’n bioskoop van genres in jou oë. Soms ligsinnig en laf. Soms diep en donker. Soms vrolik en vry.
Soms onseker en onheilspellend, shapeshift 11 liedjies in 11 kortfilms. “Braambos Tv” is ’n trippy deurtog wat uiteenlopende gevoelens in die soeke na geluk oor generasies dokumenteer. Geluk in self. Geluk in menswees. Geluk in hier wees.
“Thought-provoking, post-apocalyptic, donker AF protest music from our beloved Voice of Reason.” – Cito, WONDERboom.
“Frans is ’n Boere Shaman. Hy maai gedagtes uit ’n alternatiewe geskiedenis. Hy verdraai die Karoo horison tot ’n sinister magiese landskap.”
- Hunter Kennedy
“Dis musiek vir road trips. Dis musiek wat jou dwing om te luister na die lirieke terwyl jou voet die maat hou op die mat.” – Gerard Rudolph
‘Braambos Radio’ is beskikbaar op alle digitale platforms.
Luister na ‘Braambos Radio’ album HIER: - Instagram: instagram.com/franskaroo
- Facebook: https://www.facebook.com/franskaroomusic/
- YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC6sRD4MqYSm1TJ5QzJ_tvkw.
