Links: Tobie Cronjé wat vanjaar 70 word, is vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir Lewensbydrae tot die Kunste. Hy is by vanjaar se KKNK saam met Grethe Fox te sien in die absurde tragi-klug, Die stoele. By hom links is Katinka Heyns.

’n Pa én seun lewer vanjaar ’n groot bydrae tot die visuele kuns – Johannes Maswanganyi (regs) as 2018 se feeskunstenaar en sy seun Collen (links) as ontvanger van die Kunste Onbeperk-prys vir ’n Nuwe Stem. Albei maak houtbeelde en hou daarvan om op groot skaal te werk. Foto’s: Schalk le Roux

Die Kunste Onbeperk Kruispunt-prys is aan Hannes Coetzee (links) toegeken – die eiesoortige kitaarspeler wat ’n teelepel inspan om rou klanke op te tower en wat in David Kramer (regs) se Karoo Kitaar Blues nasionaal en internasionaal aandag getrek het. Hy tree by die KKNK op in Lepeltjie vol snare, ’n produksie wat die oorsprong van die snaarinstrument in Suid-Afrikaanse tradisionele folkmusiek naspeur.