tot 25 NOVEMBER
Dit is weer appelkoospluktyd by De Krans in Calitzdorp! R7,50/kg, sewe dae per week! Die bistro/deli is oop vir heerlike etes. 044 213 3314.
SATERDAG 24 NOVEMBER
NG Kerk Volmoed Vleisbasaar. 10:00. Lam, steak, maalvleis, wors, “patties”. Bekostigbare pryse. Ook jaffels, boereworsrolle, pannekoek, hambugers en poedings. Geen kaartfasiliteite of vooraf bestellings. Navrae: Clara (084 504 3377).
VRYDAG 30 NOVEMBER
Principia Laerskool – volstruispotjiekos-fondsinsameling. R30 elk. Bestellings: 044 272 7067. Beskikbaar vanaf 12:00 tot 14:00. Gratis aflewering vir 10 bestellings of meer.
SATERDAG 8 DESEMBER
Klassieke Klein Karoo Kersfees met Kevin Leo, Corlea Botha, orkes olv Paul Loeb van Zuilenberg, koor olv Marinda Bothma Schutte. 19:15. Celebratio Plaas, 32 km buite Oudtshoorn op sementpad. Hekke open 17:30. Kosstalletjies. Kaartjies by PostNet Oudtshoorn – alle plekke word gereserveer. R130 – R180. Navrae: 082 802 7138.