Events Calendar

VRYDAG: 12 OKTOBER
Kaperjolledag – die Oudtshoorn Aftreeoord nooi die publiek uit om vanaf 13:00 op Vrydag 5 Oktober, lekker saam met die inwonders te kom kuier. Daar sal ’n verskeidenheid stalletjies beskikbaar wees. Kaartjies vir die koek-en-tee en braaivleis-stalletjie is vooraf by die kantoor beskikbaar vir aankoop. Toegang is gratis.

WOENSDAG 14 NOVEMBER
Oudtshoorn Drankforum-vergadering om 14:00,. 4de vloer, SAPD, Baron van Reedestraat. Hernuwing van dranklisensies moet plaasvind voor 31 Desember 2018. Hernuwingsfooie het gestyg. Rig navrae aan ao Andries Marais by 044 203 9094.