Events Calendar

DONDERDAG 21 JUNIE
• Gemeenskapsvergadering met inwoners van Wyk 6 en alle rolspelers oor die Rose Valley Biblioteekprojek. Toekomsrus Gemeenskapsaal. 19:00.  Inligting sal verstrek word en inwoners kan in­sette lewer. Navrae: Deidre Carelse, be-stuurder: biblioteekdienste (tel 044 203 3928, kantoor­ure).

• Oudtshoorn Kunte­vrien­de bring ’n groep top-kunstenaars na die Klein Karoo Ostrich Emporium op Oudtshoorn vir ’n konsert getitel Musiek in lig en skadu met klassieke musiek, musiek van Abdullah Ibrahim en toonsettings van gedigte van Ingrid Jonker, Boerneef en Antjie Krog. 18:30 vir 19:00. R100, ’n verwelkomingsdrankie en sop en brood ná die vertoning ingesluit. Kaartjies by Die Herrie / Annelise Schutte Vlok (072 592 3928) / tonie1@ telkomsa.net.

VRYDAG 22 JUNIE
Skoolvakansie begin.