Die Hoorn Sportkalender

Vrydag, 7 April 2017
RUGBY SWD Presidentsliga • Spring Roses speel teen All Blacks op die Bridgton Sportgronde. Die B-spanne begin om 14:30 en die A-spanne om 16:00. Vir navrae kontak Pieter Lottering by 073 366 6899.

Saterdag, 8 April 2017
HALFMARATHON: • Die jaarlikse Volstruiswedloop vind plaas vanaf Laerskool Wesbank in Parkweg. Wegspring is om 07:00 en die prysuitdeling om 10:15. Vir navrae kontak David McKinnon by 082374 8632
RUGBY SWD Presidentsliga • Collegians speel teen Beaufort-Wes op die Bridgton Sportgronde. Die B-spanne begin om 14:30 en die A-spanne om 16:00. Navrae: Julian Fillies 0849836088.
Karoostreekliga • Oudtshoorn Rugbyklub speel teen Calitzdorp op die Oudtshoorn Sportgronde vanaf 14:30. Die A-spanne begin om 16:00. Navrae: Ferdie van Rensburg – 044 203 3400.
VEERPYLTJIES: • Die veerpyltjietoernooi tus­sen Oudtshoorn en Breedevallei word gehou by Barcode te Langenhovenweg, Oudtshoorn, vanaf 14:00. Vir navrae kontak gerus Natasha Lerm by 083 280 8123.

Saterdag, 15 April 2017
BERGFIETSRY: • Die Ostrich Crawl Bergfiets-ren vind plaas vanaf die Thabile Gastehuis op Oudtshoorn. Daar sal oor afstande van 60 km, 46 km en 15 km meegeding word. Daar sal ook ’n 4,6 km pretdraf en stap wees. Inskrywings sluit op 10 April. Vir meer inligting besoek http://www.cycleevents.co.za/mtb-events/ostrich-crawl-mtb-experience-2017/

Vrydag, 14 April, tot Maandag, 17 April
SOKKER: • Die Oudtshoorn Sokkervereniging se Paasnaweektoernooi vind op Dysseldorp en Bongolethu se sportgronde plaas. Sestien span-ne neem deel in afd A en B en ses spanne in die vroueafdeling. Die eindstryd is die Maandag.
Navrae: Dawie Stalmeester – 083 865 7816 of Levesto le Roux – 083 994 7736/ 082 417 2117.