Die Hoorn se Sportkalender

Saterdag, 3 Junie 2017
SKOLESPORT: Langenhoven Gimnasium speel tuis rugby, netbal en hokkie teen die Hoërskool Outeniqua van George. • Die o.18A-meisieshokkie-spanne pak mekaar vanaf 08:00. • Die eerste netbalspanne begin om 10:45 speel. • Die o.18A- seunshokkie begin om 11:00. • Die wedstryd tussen die eerste rugbyspanne begin om 12:00.
Navrae: Theo Ferreira – 044 272 2151.
GHOLF: • Die Oudtshoorn Gholfklub vier die 60ste bestaansjaar van sy huidige gholfbaan. Die formaat is ’n 4BBB Stablefordkompetisie. Spelers begin gelyktydig om 12:00 wanneer van al die bowwe afslaan word. Die dag word afgesluit met ‘n spitbraai ná die prysuitdeling. Kostes: R150 per persoon. Vodacom Chatz borg die dag.
Navrae: Gideon – 082 823 3736.
RUGBY: SWD Presidentsliga • Spring Roses speel teen Uniondale United op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Die A-spanne begin om 15:30. Navrae: Pieter Lottering – 0733666899.
SWD Premierliga • Bridgton pak NMMU vanaf 14:15 op die Bridgton Sportgronde (Plate).
Navrae: Shirley Ewerts – 074 302 9816.
ROLBAL: • Die Oudtshoorn Rolbalklub is die gasheer vir die Eden Pro 10-rolbalkampioenskap op die klub se bane in St Johnstraat. Spel begin om 09:00. 24 spanne van die Eden Distrik neem deel. Narae: Danie Bosman – 082 852 3807.

Maandag, 5 Junie 2017
VEERPYLTJIES: • Die Knights-veerpyltjieklub se besigheidsliga begin by Barcode in Langenhovenweg. Registrasie begin om 18:30. Wedstryde word elke Maandag in Junie gespeel. Spanne met drie spelers elk waarvan slegs twee geregistreer moet wees, kan inskryf. Koste: R100 per span. Dit sluit kos, drankies en groot pryse in.
Navrae: Natasha – 083 280 8123.