


• Besoek sewe pragtuine op Saterdag, 14 Oktober
Die sewe tuine op die roete:
• Lowergroentuin
• Vetplanttuin
• Ontwerperstuin
• Karoo Country Garden
• Gevestigde
kaktustuin
• Troeteldier-
vriendelike tuin
• Landelike tuin
OUDTSHOORNIETE kry volgende Saterdag (14 Oktober) weer die geleentheid om sewe van die dorp se mooiste en interessantste tuine te besoek, en daardeur ook ’n bydrae te lewer tot die welsyn van die dorp se diere.
Dit is die tweede jaar dat dié lekker geleentheid aangebied word en inwoners hulle vir net R50 kan gaan verlustig in ’n verskeidenheid tuine.
Die inisiatief word gereël deur ’n groep dierevriende van Oudtshoorn wat deur verskillende projekte fondse insamel vir dierewelsyn.
Die sewe tuine sal tussen 10:00 en 16:00 die dag oop wees vir almal wat ’n kaartjie het. Kaartjies sluit ook tee en skons in by die laaste tuin op die program.
Lehana Killian sê daar is vanjaar weer ’n wye verskeidenheid uiteenlopende tuine vir mense om te besoek – van ’n vetplanttuin en kaktustuin met kaktusse vanoor die wêreld tot ’n lowergroentuin en ’n landelike tuin vol groen loof en blomme.
• Die roete en meer inligting verskyn op die program wat ook as kaartjie dien. Tuine vir Diere val op dieselfde naweek as nasionale Tuindag wat op Sondag, 15 Oktober, gevier word.
Kaartjies (R50) is te koop by Bottega Kunsgalery in Baron van Reedestraat (oorkant die Spur). Slegs kontant asb.
Vir navrae kontak Alet Coetzer by 072 321 7802 of Marianne Spies by 084 479 2166.