Twee van Lesotho in hof oor R239 000 se dagga

Landdroshof-Oudtshoorn-300x214
Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen twee broers van Lesotho wat buite Prins Albert met dagga ter waarde van R239 000 in hul besit vasgetrek is, is in die Oudtshoorn Streekhof vir pleit en verhoor tot volgende maand uitgestel.

Die twee beskuldigdes, Lehloka Makonyana (42) en Rapulumo Makonyana (31), word van handeldryf in en die onwettige besit of gebruik van dwelms aangekla. Die polisie het beslag gelê op 119,75 kg dagga wat in die kattebak van die twee se voertuig versteek was.

Streeklanddros LA Wilkens het die saak op versoek van die staatsaanklaer, Willem Vister, tot 17 Oktober uitgestel en die mans se borgtog van R3 000 elk verleng.