Skoolhoof weer vlugtig in hof vir beweerde verkragting

Landdroshof-Oudtshoorn-300x214

Deur Garnett Wicomb
‘n Nuwe verhoordatum vir ‘n skoolhoof wat van verkragting aangekla word, is Maandag in die Oudtshoorn Streekhof bepaal.

Die saak teen die 54-jarige hoof van ‘n primêre skool in die De Rust-distrik, is in ‘n stampvol hof op versoek van die staatsaanklaer, Willem Vister, tot 26 Oktober uitgestel omdat daar nie genoegsame tyd was om met die verhoor te begin nie.

Die man is op 20 Maart vanjaar borgtog van R2 000 toegestaan nadat landdros Roelf Konstabel.

Van die borgvoorwaardes is dat hy nie kontak maak met die staatsgetuies in die saak nie en ook nie van adres verander sonder die medewete van die ondersoekbeampte, ao Flip Jacobs, nie.

Die beweerde verkragting het glo op 9 Februarie vanjaar in Meiringspoort plaasgevind. Die klaer is ‘n 47-jarige vrou van De Rust.