Deur Garnett Wicomb
’N SAKEMAN van Oudtshoorn wat tereg staan op klagtes van verkragting en aan wie verlede jaar borgtog van R10 000 toegestaan is, sal moontlik vandag ’n verhoordatum in die Oudtshoorn Streekhof kry.
Die saak is verlede Vrydag op versoek van die man se regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, deur streeklanddros Daniel Boks tot vandag uitgestel omdat hy steeds wag op afskrifte van die dossiere.
’n 32-jarige vrou beweer dat sy tussen November 2014 en April 2016 vier keer deur die 53-jarige verdagte in sy huis op Oudtshoorn verkrag is.
Hy is nog nie gevra om te pleit nie en daarom mag sy naam nie gepubliseer word nie.
Borgtog van R10 000 met streng borgvoorwaardes is in September verlede jaar deur landros Lorraine Samuels aan hom toegestaan waarna die saak na die streekhof oorgeplaas is.