Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen twee mans wat glo ’n bejaarde vrou in haar woonstel aangerand en beroof het, is in die Oudtshoorn Landdroshof van die hofrol verwyder omdat die polisie se ondersoek sloer.
Die saak is verlede jaar tot verlede maand uitgestel vir verhoor, maar dit kon as gevolg van onvoltooide ondersoekwerk nie begin nie.
Die staatsaanklaer, Leonie van Rooyen, het vir verdere uitstel gevra, maar dit is deur landdros Roelf Konstabel van die hand gewys.
Renier Claassen (33) en Ruan Nel (25) het tereg gestaan op klagtes van motordiefstal, huisbraak met die opset om te steel en roof met verswarende omstandighede.
Nel was tydens die voorval op parool, wat intussen ingetrek is, terwyl borgtog aan Claassen geweier is omdat hy ’n geneigdheid toon om misdaad te pleeg en verskeie vorige veroordelings op sy rekord het.
Claassen en Nel is egter gewaarsku dat die saak op die hofrol geplaas kan word indien die ondersoek voltooi word.
Ao Wessels Bouwer is die ondersoekbeampte.