Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Ugandiese kruiedokter wat onder meer daarvan aangekla word dat sy ’n vrou van Oudtshoorn uit R40 000 bedrieg het, moet op 2 November weer in die Oudtshoorn Landdroshof voor landdros Roelf Konstabel verskyn.
Daar is tans drie klagtes teen Justine Nambuya (27), ook bekend as “Dr Eve”.
Ingevolge die eerste klagte het Nambuya na bewering ’n vrou uit R40 000 bedrieg. Ingevolge die tweede klagte het sy na bewering beloof om R27 000 na R1 miljoen te vermeerder. Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het Nambuya in die derde saak net soos in die eerste twee belowe om geld te vermeerder.
Adv Wynard Malan sal haar met haar volgende verskyning verteenwoordig. Haar verblyfpermit in Suid-Afrika is net tot November geldig.
Volgens kapt Visser moet Nambuya aansoek doen vir verdere verblyf.