Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n man van Oudtshoorn (46) wat op twee aanklagte van aanranding en een van opsetlike saakbeskadiging tereg staan, is Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof vir ’n verklaring van die polisie tot einde vandeesmaand uitgestel.
Willie Thysse word daarvan aangekla dat hy op Donderdag, 4 Januarie, ene K Henkelman met die vuis geslaan en Bennet Zeelie vasgegryp en met die vuis gestamp asook sy vinger in sy oog gedruk het.
Landdros Roelf Konstabel het die saak tot 31 Januarie uitgestel en Thysse gewaarsku om nie, direk of indirek, kontak te maak met die klaers nie, en ook nie by die huis in Hoogstraat 212 waar die beweerde voorvalle plaasgevind het, te kom nie.
• Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die voorval omstreeks 21:00 op Donderdag, 4 Januarie, plaasgevind.