Die Vryburger, Omgeemense-organisasie van Oudtshoorn het op 29 Februarie hul inhuldigingsdinee, by die Kolonie Restaurant, Queen’s Hotel gehou.
Hulle is ’n nie-winsgewende organisasie. Lootie Vermeulen is tydens die dinee as stuurman van die Oudtshoorn korps ingehuldig.
Constant de Waal en Chris de Wit, het hul Veteraanledesertifikate vir 15 jaar diens ontvang, asook hul kieries wat hul onbaatsugtige diens aan die organisasie simboliseer.
In die foto is die lede van die Oudtshoorn Vryburgers (afwesig Ockie Nel). Foto verskaf