Vlaggies vir Erfenisdag

Die CJ Langenhoven Biblioteek op Oudtshoorn het die Eljada-Kairos Skool vir Erfenisdag, 24 September, na die biblioteek genooi om die dag saam met personeel van die biblioteek deur te bring. Die kinders is ingelig waaroor die dag gaan en wat Suid-Afrikaners uniek maak. As ’n aktiwiteit het hulle hul eie vlaggies gemaak en die volkslied gesing. Daar is ook lekker saam gebraai, en die kinders is bederf met ’n worsrolletjie en koeldrank. Volgens ’n woordvoerder van die biblioteek is die dag deur almal geniet - die leerders en onderwysers van Eljada, asook die CJ Langehoven-personeel. Foto verskaf