Groentepakkies vir moeders

Past Andre Majola van die Merciful Minis­tries Church (links) en Mietsie Goliath (foto onder) wat op Sondag 19 September groentepakkies aan moeders van die kerk geskenk het (foto bo). Goliath, wat al sopkombuise in die landelike gebied in Welgeluk en Zeekoegat buite Oudtshoorn aangebied het, sê sy het ’n skenking van botterskorsies vanuit Lategansvlei ontvang en toe groente soos wortels, aartappels, beet en uie aangekoop om dit aan moeders te skenk. Foto’s verskaf