Daar word steeds hard gewerk deur inwoners en ’n munisipale span aan die verfraaiing van die ingang van Oudtshoorn vanaf Calitzdorp. Hier is die munisipale werkers wat help met die projek en die skoonmaak en instandhouding van die ingang by ’n gedeelte waar klein noem-noems en bougainvilleas onlangs geplant is. Sittend voor van links is Christiaan McGear (superintendent parke), Anita Stanley, Dirk Jansen en Harriet Samson. Agter van links staan Elrieco Afrika en Marcello Prins. ’n Verkeerseiland in die omgewing gaan ook binnekort aan die beurt kom. Die verfraaiiing is deel van ’n inisiatief van ’n groep inwoners in samewerking met die munisipaliteit om uiteindelik al die ingange en ander oop spasies te verfraai. Foto: Liesel le Roux