Deur Garnett Wicomb
Die burgemeesterskomitee van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het Dinsdag tydens ’n burgemeesterkomiteevergadering ’n aanbeveling aanvaar dat die Sonskynhoekie Kleuterskool vanaf 1 Februarie tot 30 Junie 2017 in die Navada Gemeenskapsaal in Bongolethu gehuisves kan word. Huur van R1 000 per maand en die water- en elektrisiteitsverbruik moet ook deur die skool betaal word.
’n Verdere aanbeveling is dat die kleuterskool uitstaande huurgeld van R200 per maand vir die gebruik van die klubhuis op die Bridgton Sportgronde vanaf Oktober verlede jaar, vereffen.
• Die Sonskyn Kleuterskool het finansiële steun van die Lotto ontvang vir ’n nuwe gebou, maar bouwerk het glo weens logistieke probleme nog nie begin nie. Die ou gebou is reeds gesloop.