Gideon Badenhorst, voorsitter van die Oudtshoorn Besigheidskamer (links), oorhandig verlede Donderdag ’n bedrag van R2 000 aan Franswa Stassen, bestuurder van Helen Bellinganhof, ’n ouetehuis op Oudtshoorn. Die skenking is deel van die opbrengs van ’n gesamentlike projek van die Besigheidskamer, Oudtshoorn en De Rust Toerisme en Agri Klein Karoo, waarmee R4 000 ingesamel is deur die verkoop van kaartjies vir gelukkige trekkings by ’n gesamentlike netwerkaand. Die ander deel van die geld is reeds aan Zeekoegat Primêr net buite Oudtshoorn oorhandig. Foto: Ilze-Mari Gründling