Donderdag 21 September
Die Alzheimer Ondersteuningsgroep: Kom luister na Anieta Lombard van die Memory Clinic: Excellentis in die Bain Lavers-saal te Millenniumpark om 15:00. Almal welkom. Kontak Bets Wilkinson by 083 419 4602.
Saterdag 23 September
Inkkoors-teater bied aan Masala by die Grace Church International te Springboklaan om 18:00. Toegang R10.
Saterdag 23 tot 24 September
Oudtshoorn Grootvoël Boeremusiekfees met Kaapland Boereorkes, Outydse Klanke Boereorkes, Die Stoepsitters, Die Kitaarkêrels, Die Wakis Boereorkes en Nico van Wyk by Brian’s Grill vanaf 17:00. R60 per dag, o.12 gratis. Dansbaan, kroeg. Kontak Daaitjie Kotze (084 619 4616), Jan Heystek (083 680 3502) of besoek www.boeremusiekfees.co.za.
Saterdag 23 tot 25 September
Calitzdorp Vetplantfees by die Calitzdorp Stasie. Kontak Buck Hemenway by 076 298 7337 of besoek www.vetplantfees.co.za.
Woensdag 27 September
Crazy for Walking, ’n inisiatief om geestesgesondheid-bewustheid en welstand te skep, besoek die Caves Aftree-oord om 11:00 vir ’n voorlegging. Vir meer inligting kontak Bets Wilkinson by 083 419 4602 of besoek www.crazyforwalking.co.za.
Donderdag 28 September
Die Oudtshoorn Polisie hou ’n Imbizo met die gemeenskap oor misdaad en misdaadtendense om 18:00 by die Sonneblom Kleuterskool in Riemvasmaak. Alle inwoners van Sektor 1 en Toekomsrus welkom.
Vrydag 29 September
Wynand du Toit (oud-Reccie, boer en skrywer) by Headlines Restaurant om 18:30 vir 19:00. Gratis, informeel. Boeke sal te koop wees. RSVP voor 27 September by Jaco Steenberg (073 204 6066) of e-pos stoniebeer@gmail.com.