Round Table se Oudtshoorn-tak reik uit na die gemeenskap
Die Oudtshoorn-tak van die wêreldbekende Round Table-organisasie het verlede week uitgereik na die gemeenskap en donasies van komberse aan Family & Marriage Society South Africa (Famsa) op Oudtshoorn, bekend as Famsa Karoo, oorhandig om hul werk in die gemeenskap te vergemaklik. Hier is verteenwoordigers van beide organisasies tydens die oorhandiging by die tafelaars se klubhuis op Oudtshoorn. Agter van links is Louis de Wet en Daniel Smuts van die Round Table; Franzu Badenhorst, direkteur van Famsa Karoo; en Mario Marais ook van die Round Table. Voor van links is Patricia Loggenberg, Famsa maatskaplike hulpwerker; Reva Collins, gemeenskapswerker en Riana Fourie, maatskaplike werker - al drie werk onder Famsa se gesinne-program. Badenhorst het sy dank vir die skenkings uitgespreek en gesê dit sal goed toegepas word tydens hul programme vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Die komberse sal aan slagoffers uitgedeel word. Foto: Stefan Skapie Goosen