Past Zato Albert Hanse. Foto: Garnett Wicomb
Deur Garnett Wicomb
DIE stigter van die International Penticostal Assembly, past Zato Albert Hanse van Bongolethu, het ’n doktorsgraad in Goddelikheid verwerf.
Sy sertifikaat is tydens ’n spesiale geleentheid in die African Gospel Kerk in die GG-kamp deur dr Thamsanqa Samuel Banzi van die Trinity International Bible University in Port Elizabeth aan hom oorhandig omdat hy nie die gradeplegtigheid vroeër vanjaar in Port Elizabeth kon bywoon nie.
Hanse het die graad Doctor of Divinity (Honoris Causa) na die suksesvolle voltooiing van die kursus verwerf. Hy het die International Penticostal Assembly in 1989 gestig en staan aan die hoof van verskeie gemeentes.