Vyf jaar vir diewe

DRIE inwoners van Calitzdorp is Maandag in die Oudtshoorn Landroshof elk vyf jaar tronkstraf opgelê nadat hul skuldig bevind is aan huisbraak met die opset om te steel.

Die inbraak het in Januarie vanjaar plaasgevind by die eiendom van Bob en Chrissie Reinecke van Calitzdorp toe hulle uitstedig was. Meer as R180 000 se ware is gesteel.

Byron Mankqoyi (21), Daniel Claasen (21) en Gino Meiring (18) is elk tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir twee jaar opgeskort is.

Dus sal hulle elk drie jaar tronkstraf uitdien.

Die saak teen ’n vierde beskuldigde, Rolanda Frans (33), is teruggetrek.