Baie dankie!
Hiermee wil ek graag die personeel van die Vaardigheidskool en Huis Cora-koshuis op Oudtshoorn bedank vir hulle liefdevolle versorging toe my seun, Kail van der Ross, siek was by die koshuis.
Ek rig ’n spesiale bedanking aan juffrou Badenhorst, juffrou Dickenson en Susen, asook aan Silvia. Dankie aan hulle vir die ondersteuning en empatie teen oor my kind met sy ouma se skielike siekbed en afsterwe.
Ek beskou u as engele. Ek bid God se rykste seën op u lewens en ook by die werksplek.
Hiermee sê ek as ouer baie dankie; ek weet my kind is in goeie hande.
In hierdie Kersfeestyd wil ek hulle ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar toewens.
Dankie aan Die Hoorn, dit is ’n puik nuusblad.
– Madelene van der Ross, Prins Albert