Plaasmoorde nie volksmoord, sê Nel

Adv Gerrrie Nel aan die woord.

Afriforum het nog nooit ge-sê plaasmoorde in Suid-Afrika is blanke volksmoord nie, het adv Gerrie Nel, hoof van Afriforum se private vervolgingseenheid verlede Donderdagaand (6 Desember) by ’n vergadering van Afriforum op Oudtshoorn gesê.

“Wat ons sê, is die hoeveelheid en die persentasie moorde op ’n groep mense in hierdie land wat op plase woon is uitermatig hoog teenoor ander moorde in die land.

“Al wat Afriforum vra is dat die regering besef mense op plase is ’n kwesbare groep en dat plaasmoorde as ’n gespesifiseer-de misdaad verklaar word, want dan kan die Polisie spesiale aan-dag daaraan skenk.”

Syfers toon aan dat boere ’n groter kans het om deur moord geraak te word as ander mense. Afriforum het egter nooit gesê dat ander moorde nie ongelooflik ernstig is nie, sê Nel.

Hy het vertel hy was baie lank ’n staatsaanklaer en het met ongelooflik baie moorde te doen gekry, en het almal met dieselfde erns hanteer.

“Wat ons sê is dat hoekom kan dieselfde nie vir plaasmoorde gedoen word as vir bendeverwante misdade nie.

“Daar is ’n spesiale polisie-eenheid wat bendes ondersoek. Ons sê nie dit moenie gebeur nie. Bendemisdade moet uitgeroei word.

“Maar hoekom kan dieselfde nie gebeur wat plaasmoorde betref nie,” het Nel gesê.

Wat grondonteiening betref, het Nel gesê Afriforum se kritiek gaan nie oor grondonteiening, grondbeskikbaarstelling en die terughandiging van grond wat gesteel is nie,

Dit gaan oor die beginsel van ’n grondwetwy- siging terwyl Art 25 van die Grondwet ander me-todes bied om dit reg te kry.

Volgens Nel moet probeer word om die reg en die politiek uit mekaar te hou.

Duisende mense het tydens grondvergaderings en skriftelik beswaar aangeteken teen die grondwetwysiging en die proses.

“Afriforum het die hof genader om ’n interdik te kry dat die parlement nie kan besluit oor die proses nie. Afriforum se argument was daar is gebreke in die proses. Die parlement het ’n deel van die besware in ag geneem, maar ’n ander deel nie.”

Nel sê wat grondhervorming betref, is daar baie kritiek en word die ergste verwag.

“Dit is reg dat ons bedag en realisties moet wees. Maar ons weet nog nie wat die grondwetwysiging gaan wees nie. Wanneer daar regtig argumente moet wees, is wanneer ons weet wat die wysigings gaan wees en wat dit tot gevolg gaan hê.

“Afriforum neem grond­onteiening sonder vergoeding en hoe om dit aan te spreek, baie ernstig op. En dit is nie net hulle nie.

Die DA, Agri SA en baie ander groepe en partye kyk ook daarna.”

Nel het ook verwys na korrupsie tydens die pro-ses. ’n Mens kan dit egter eers weet as jy weet wat die proses is.

“U kan egter hieroor gerus wees. Dit is wat ons doen. Ons kyk waar daar korrupsie is, en as daar korrupsie is, sal ons dit aanspreek,” het Nel gesê.

Volgens Nel moet ’n mens nie heeltemal in sak en as wees oor art 25 en die parlementêre proses nie. “Ons moet realisties wees daaroor. Ons as gemeenskap moet dit aanspreek. Ons moet ook weet daar is baie ander groepe en partye wat die situasie dophou.”