Oudtshoorn Rotariërs krismisprojek in volle swang

Inwonders van Oudtshoorn Rotary Aftreeoord het Maandag fluks begin pak aan die eerste bokse. Die bokse word ook mooi versier met kleurvolle kersgeskenkpapier.

Western Cape Catering het R6 500 vir die projek geskenk, terwyl skole soos Wesbank, Wesbank Pre-Primêr, Laerskool van Reede en Little Bo Peep kleuterskool ook bydraes gemaak het.

Poppies wat gehekel en gebrei is, is deur die dames van die ReWolusie projek geskenk, wat deel vorm van een van die KKNK se inisiatiewe.

Die vrolike krismisbokse word uitgedeel by meer as 20 kleuterskole in die Klein Karoo area.

Daar is egter nog tyd om betrokke te raak, en enige skenkings is welkom.

Kontak gerus vir Lézelma Pretorius by 084 582 3514 of Dalia Wilck 084 620 0977. Foto’s Angelique Erasmus