Die Oudtshoorn Voertuigdiefstalondersoekeenheid is einde 2017 as die tweede beste eenheid in die provinsie aangewys terwyl die plaaslike SAPD-eenheid genomineer is as een van die beste presterende gespesialiseerde speurdereenhede in die Wes-Kaap. Die lede van die voertuigdiefstaleenheid is voor van links Samantha Sauls (tikster), kapt Mariana Vos, sers Thandiwe Fixane-Mngoma, Mathrodine Piedt-Stuurman (administratiewe klerk) en agter van links ao Oosie Osthuizen, ao Gerhard Tredoux, sers Marco Hurling, ao Berie Botha en ao Martin Cooper. Foto verskaf