‘Oog op die kind’-opleiding

Die personeel van die Oudtshoorn Kinder- en Gesinsorgvereniging saam met die vrywilligers en verteenwoordigers van instansies wat die weeklange opleidingingskursus ondersteun het. Tweede van regs (voor) hurk Levinia Frede­ricks.    Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DIE Oudtshoorn Kinder- en Gesinsorgverenigng het van 5 tot 9 Junie ’n opleidingskursus vir vrywillige werkers van die vereniging gehou om hulle te bemagtig.

Die tema van die weeklange kursus was Isolabantwana, wat beteken “Oog op die kind”.
Volgens die gemeenskapontwikkelingsbeampte van die vereniging, Levinia Fredericks, het ver­skeie sprekers tydens die kursus opgetree.

Kwessies wat aandag gekry het, is kindermishandeling en -verwaarlosing, gesinsgeweld, alkohol- en dwelmmisbruik, MIV/Vigs, ouerskapvaardighede, seksualiteit, plekke van veiligheid, kinderbeskerming, trauma en verlies asook die kinderwet.

Fredericks het haar dank uitgespreek teenoor al die instansies en besighede wat ’n bydrae gelewer het tot die aanbieding van die kursus. Sy het ook haar dank teenoor haar kollegas uitgespreek.