Inwoners tel 82 sakke vullis op

Altesame 73 Oudts­hoorniete en munisipale werkers het ver­- lede week by die Hoër­skool Môrester (16 September) en die Grobbelaarsrivier agter Steers (18 September) saam­gewerk om 82 sakke vullis te verwyder. Dié harde werk was deel van Internasionale Kusskoonmaak­dag en is deur Trap­- suutjies Projekte georganiseer.