Inwoners hou ’n teepartytjie vir Tuishuis-personeel

Terwyl sommige inwoners van Tuishuis op Oudtshoorn hier sit en toekyk, dans en sing ander inwoners verlede Vrydag (20 Augustus) saam met personeel van die tehuis. Inwoners sê dat hulle so dankbaar en in hul skik is met hoe personeel hulle behandel en help tydens die Covid-pandemie en veral die gepaardgaande inperkings, dat hulle besluit het om ’n teepartytjie vir die personeel te hou. Volgens Alice Ungerer, ’n inwoner, het al die inwoners bygedra tot die geleentheid, en het almal die lekkernye, dansery en sang van die personeel terdeë geniet. Foto: Stefan Skapie Goosen