Die SANW se Infanterieskool op Oudtshoorn het Vrydag (23 Julie) Mandeladag gevier deur toiletware, reinigingsmiddel en warm komberse aan verkose instansies op Oudtshoorn te skenk, onder meer aan die Ithemba Huis vir Haweloses (foto), Coronation Memorial, ’n ouetehuis, en die Eljada-Kairos Skool. Hier is verteenwoordigers van die Infanterieskool saam met bestuurslede, personeel en inwoners van Ithemba met van die komberse wat oorhandig is. Mandeladag word tradisioneel op 18 Julie elke jaar gevier, met mense van regoor die wêreld wat 67 minute van hul dag aan liefdadigheid afstaan om oudpres Nelson Mandela se nalatenskap te eer. Foto: Stefan Skapie Goosen