FAMSA Karoo se nuwe bestuur is Dinsdag 18 September verkies. ’n Nuwe bestuursmodel met twee uitvoerende direkteure word sedert 1 Augustus deur FAMSA Karoo geïmplimenteer.
Die bestuursmodel word vir ’n proeftydperk van drie maande gevolg waarna die bestuur van direkteure dit sal hersien. Volgens Riana Fourie van Famsa, word die nuwe bestuursmodel gevolg om FAMSA Karoo positief te laat groei en om die beste moontlike diens aan kliënte te te lewer.