Erkenning vir Knysna-hulp

Hester Grint en ’n brand­weerman, Marshall Wilbur, tydens die brande.  Foto Facebook

Hester Grint en ’n brand­weerman, Marshall Wilbur, tydens die brande. Foto Facebook

Ilze-Mari Gründling
DIE Wes-Kaapse rege­ring het verlede week ’n mosie aanvaar waarin hulle drie Oudtshoor­niete, Hester Grint, haar dogter Jade en Petrus van der Westhuizen, bedank vir hul bydrae tydens die Knysna-brande.
Grint, Jayde en Van der Westhuizen het met die aanvang van die brande na Knysna gery en koffie, sop en warm versnaperinge aan die brandweermanne en vrywilligers gegee.

Die mosie is deur Ricardo Mackenzie, lid van die Wes-Kaapse parlement, ingedien. Hy het gesê hul toewyding was merkwaardig en moet die gesin geprys word vir hul dade. Die mosie lui onder meer: “Daar moet kennis geneem word van hierdie toewyding en as ’n parlement moet ons hulle bedank vir hierdie inisiatief. Dit is die soort toewy­ding van gewone burgers wat Suid-Afrika verryk en sy mense verenig.”

Grint sê sy is dankbaar en trots.

“Ek is baie trots op Jade en Petrus. Ons het hard gewerk deur die nag, maar dit was ’n voorreg. Ek werk saam met die wonderlikste DA-span op en om Oudtshoorn.”